Paasfees ete met Chef Mynhardt Joubert

Chef Mynhardt se Paasfeestafel.

Verlede week het ek die voorreg gehad om ‘n gas te wees aan Chef Mynhardt Joubert se Paasfeestafel by sy kombuisrestaurant in die Paarl. Mynhardt is ‘n vindingryke chef wat groepe van 10-30 gaste onthaal in ‘n ontspanne atmosfeer op die eerste vloer van ‘n lieflike historiese gebou skuins oorkant die ou stasie. Hy snoer kragte met KWV en bedien Kruxland gin mengeldrankies om sy gaste te verwelkom, asook ‘n reeks KWV wyne gedurende die maaltyd en verouderde brandewyn om mee af te sluit. Hy is ‘n verteenwoordiger van Karusaf skaapvleis (Karoo Vleis Van Oorsprong gesertifiseerd) en ons het die lekkerste geroosterde skaap en vye pasta geëet vir hoofgereg.

Mynhardt weet hoe om sy gaste welkom te laat voel en dit was ‘n vreugde om sy hele span te ontmoet. Sy slim paasfeesdekor-idees was speels en pragtig. Hier is ‘n reeks fotos van my middagete by Mynhardt se studio – ek kan dit baie sterk aanbeveel vir ‘n groep vriende wat ‘n privaatete wil bespreek om ‘n spesiale geleentheid te vier, of selfs net om die lewe te vier!

Chef Mynhardt se kombuisrestaurant is geleë op die eerste vloer van hierdie pragtige historiese gebou.
KWV Kruxland en Barker & Quinn op die G&T tafel, met Paasfees dekor en ‘n handgeskrewe swartbordspyskaart.
‘n Deeltjie van Chef Mynhardt se kookboekversameling.
Chef Mynhardt en chef Frikkie in die kombuis by die pampoenbrood.
Pampoenbrood met amandelbotter en kersiekonfyt, bedien met Laborie MCC Rosé.
Sophia Adonis gepiekelde viskoekies met mosbolletjies en mango puree, bedien met KWV Classic Moscato.
“Fried green tomatoes” met aspersies, saggekookte eier en spek, bedien met KWV Classic Chenin Blanc.
Karusaf geroosterde lam met gekarameliseerde vye, chilli vlokkies, dennepitte en gorgonzola tagliatelle, bedien met KWV Classic Petit Verdot.
‘n Vinnige foto saam met die ster van die dag, Chef Mynhardt Joubert. Ek moes net hierna laat spaander en het ongelukkig die nagereg misgeloop. Volgende keer kuier ek baie langer!
Paasfeesdekor op die G&T tafel.
‘n Geskenkpak vir Paasfees vanaf Chef Mynhardt – wow! Die geskenkpak het ook ‘n pak vleis van Karusaf ingesluit.

Baie dankie aan Jeanri-Tine van Zyl van Feedthatbird.co.za vir die uitnodiging.

Chef Mynhardt se etes kos R450-R650 per kop. Bespreek by chef@mynhardt.co.za vir jou getaileerde ervaring.

Save

Save

Save

Save

Save

Print Friendly
Deel dit:

Nuwe proelokaal en MCC vir Babylonstoren

inside-the-tasting-room
Die nuwe proelokaal by Babylonstoren.

Babylonstoren is ‘n unieke landgoed op die Klapmuts Simondium pad. Alhoewel baie wynplase in die Boland deesdae spog met hul eie deli, spa en/of restaurant, is dit die asemrowende tuin wat jy met geen ander plek sou kon verwar nie. Dis ‘n lushof wat geen perke ken nie – ‘n plek waar jy met verwondering kan ontdek, verken en weer soos ‘n kind voel.

In Desember 2015 het Babylonstoren hul nuwe wynproelokaal en Sprankel MCC bekendgestel – ‘n feestelike affêre wat ek tot my misnoeë moes misloop. Ek het myself beloof om sommer gou in die nuwejaar daar ‘n draai te gooi, want Babylonstoren doen niks vervelig nie. Continue reading Nuwe proelokaal en MCC vir Babylonstoren

Print Friendly
Deel dit: