Alles-in-een ontbytbeskuit

Ontbytbeskuit met semelvlokkies, hawermout, sade, neute en nog meer. Een van die eerste kosfotos wat ek destyds geneem het in 2011, ter herrinnering aan my eens geliefde Fuji Finepix kamera.
Ontbytbeskuit met semelvlokkies, hawermout, sade, neute en nog meer. Een van die eerste kosfotos wat ek destyds geneem het in 2011, ter herrinnering aan my eens geliefde Fuji Finepix kamera.

Toe ek www.thefoodfox.com begin skryf het, was ek groener as ‘n groentjie. Ek het absoluut niks geweet van die sogenaamde blogwêreld daar buite nie, wat nog te sê van fotografie, kosstilering of kreatiewe skryfwerk. Maar een ding het ek vinnig geleer: die internet is ‘n wonderlike plek en jy kan jouself baie vinnig touwys maak deur byna enigiets te Google. Continue reading Alles-in-een ontbytbeskuit

Deel dit:

5 Fantastiese eetgewoontes vir 2016

Fotografie deur Tasha Seccombe.
Fotografie deur Tasha Seccombe.

Een van die mees gewilde nuwejaars resolusies wat mense elke jaar maak is om gewig te verloor. Ek het my badkamerskaal al meer as ‘n jaar gelede weggepak, want ek weet mos hoe my lyf in my klere wil voel. Daarom wil ek in 2016 daarop fokus om beter eetgewoontes aan te kweek (en steeds ver van ‘n skaal af weg te bly). Continue reading 5 Fantastiese eetgewoontes vir 2016

Deel dit: